Blaauwboschpan Game Lodge is die tuiste van 16 spesies wildlewe, insluitend kameelperde, koedoes, gemsbokke, sebras, blouwildebesste en verskeie voëlspesies.
Die Lodge, bestaande uit ‘n private agt-bed grasdak chalet (4 slaapkamers), bied al die luukshede van ‘n hoë kwaliteit selfsorgfasiliteit.
Dit is die ideale wegbreekbestemming vir die gesin waar ‘n mens die volgende kan geniet:
- wilduitstappies (bespreek, selfbestuur of fiets);
- onstpan langs die plaspoel;
- stap sonder beperking;
- verskeie fotoneem-geleenthede;
- sterrekyk;
- voëlbesigtiging.
Uitstekende jaggeleenthede vir die kranige jagter!
Dit is in die Noordwes-Provinsie geleë, veertig kilometer vanaf Bloemhof, en omvat ongeveer 1 250 hektaar onverstoorde veld.
'n 3 Ster gradering in die selfsorg afdeling deur die Toerisme Graderings Raad van Suid-Afrika is aan Blaauwboschpan Game Lodge toegeken.
[kliek hier vir 'n padkaart]
Besprekings:
Ilze Greyling
Tel: 053 433 0033 / Cell: 072 424 0760
Santi Eloff
Tel: 082 559 9396
|
Pos Adres: PO Box 20344
Noordbrug, 2522
blaauwboschpan@telkomsa.net |
|